Entertainment

Skoonheid kan ook in gebrokenheid bestaan

Skoonheid kan ook in gebrokenheid bestaan

Die liefde werk nie altyd volgens logika nie, of werk dit? In Marilé Cloete se eerste SuperRomanza leer Emmerentia harde lesse oor die liefde.

Emmerentia het borskanker oorwin maar is nog baie broos en vind veral haar emosionele herstel moeilik. Sy voel skuldig omdat sy herstel het van borskanker, terwyl haar ma daaraan gesterf het toe Emmerentia nog jonk was.

Sy en haar pa het ’n baie spesiale band. Hy nooi haar saam op ’n maandlange reis deur Australië waar hy en ’n kollega kongresse gaan bywoon en deur die land toer. Sy is eers teensinnig en stem langtand in, want sy is veral nie lus vir die vreemdeling wat saam gaan reis nie.

Brent is ’n bekwame jong wetenskaplike wat baie opkyk na Emmerentia se pa, en hom as sy mentor beskou. Brent het egter as jong seun ’n gesinstragedie beleef wat hom sku maak vir mense. Dit maak dat hy hom in sy eie wêreld toesluit.

Emmerentia en Brent sukkel om by mekaar aanklank te vind, maar deur haar pa se toedoen word hulle male sonder tal toegegooi en leer hulle mekaar algaande beter ken; daar vorm wedersydse begrip.

Logika van die Liefde is Marilé Cloete se eerste SuperRomanza. Sy het reeds vyftien romanses geskryf. Logika van die Liefde is teen R225 by toonaangewende boekwinkels regoor die land beskikbaar, *LAPA Uitgewers.

 

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.