Entertainment

Kry ryk mense voorkeurbehandeling in kriminele sake?

Kry ryk mense voorkeurbehandeling in kriminele sake?

Spanning, intrige, gyselaarsonderhandeling…. soos net Martin Steyn kan. ‘Losprys’ is beslis ‘n moet vir enige krimi-liefhebbers.

“Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.”

Adjudant Enzo Ariefdien verkies moorde. Dooie slagoffers. Hy wil nie ’n vermiste lewe in sy hande vashou nie, nog minder ’n kind s’n. Dit is egter presies wat hy kry: dit is boonop ’n ontvoering vir ’n losprys, ’n hoë-profielsaak, dus. Die desperate Amerikaanse ouers is aan die een kant en die ambisieuse kaptein Lubambo druk aan die ander kant. Almal wil resultate hê.

Intussen trek die onderhandelingspan by die gesin se huis in Llandudno in, adjudant Karla Blackenberg in die rol van primêre onderhandelaar. Uitgelewer aan die ontvoerders se skedule om kontak te maak – en te verbreek – kan sy net wag.

Die roman fokus op twee bene: die naspeur van leidrade, getuies en verdagtes, deur die oë van adjudant Enzo Ariefdien van die Ernstige Geweldsmisdaadeenheid, en die onderhandeling met die ontvoerdres deur adjudant Karla Blackenberg van die Gyselaarsonderhandelingseenheid.

Kort voor lank staar elkeen van die rolspelers ’n klipharde waarheid in die oë: ryk kinders wat altyd voorkeurbehandeling kry wanneer hulle wegraak. En kyk gerus uit vir die einde, dit sal jou onverwags in die maag skop.

Soos met sy vorige romans het Martin Steyn met die mense gaan praat wat regtig sulke sake ondersoek, insluitend speurders en onderhandelaars. Hy het geloop waar sy karakters loop, van Houtbaai en Imizamo Yethu tot Mitchells Plain. Dit gee die verhaal ’n grinterige realisme.

Losprys is teen R295 by toonaangewende boekwinkels regoor die land beskikbaar, * LAPA Uitgewers.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.