Entertainment

Kan ‘n saffier mens na jou herkoms lei?

Kan ‘n saffier mens na jou herkoms lei?

Om ‘n mens se herkoms op te spoor, is soms makliker gesê as gedaan. Veral as daar, benewens ’n saffier, feitlik geen leidrade is nie.

Lesers het Lousia in Rose vir Roselle leer ken as die ongehude ma wat in sak en as onverwags op La Roseraie aankom.

Sy word dadelik deur almal as familie aanvaar.

In Lelies vir Louisa worstel Louisa met die groot vraag oor haar herkoms. Sy is as baba op ‘n kinderhuisstoep gelos met ‘n saffier wat per ongeluk laat val is.

Die saffier lei haar uiteindelik na die buurplaas La Montagne, maar die antwoorde kom nie maklik nie.

Intussen floreer haar loopbaan as fotograaf en sy word ‘n pos aangebied op Liberté waar haar en Liam se paaie kruis.

Hy is aanvanklik nors en ongeskik, maar stelselmatig sien Louisa ‘n ander kant van hom, veral as jy met haar dogtertjie Rose speel.

Lelies vir Louisa is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks, en volg op Rose vir Roselle.

Die karakters uit Rose vir Roselle maak almal weer hulle verskyning, en daar is ‘n paar nuwes by.

Lelies vir Louisa is teen R225 by uitgesoekte boekwinkels regoor die land beskikbaar, *LAPA Uitgewers.

Meer oor die skrywer:

Rosita Oberholster het onlangs haar geliefde Calvinia vir die pragtige Mooreesburg in die hart van die Swartland verruil.

Naas haar skryfwerk , is sy ook baie lief vir skilder. Solank sy kan wegraak in haar wêreld van woorde en kuns is sy op haar gelukkigste.

Rose vir Roselle was Rosita se eerste SuperRomanza. Sy het reeds vyf Romanzas op haar kerfstok en het die ATKV-Woordveertjieprys vir Romanses in 2017 gewen met Troue in ‘n Towerbos.

hdw

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.