Entertainment

Wat wag anderkant die dors?

Wat wag anderkant die dors?

Is anderkant die Dorsland regtig so wonderlik soos wat almal dink?

In die loop van 1876 kom verskeie groepe Transvalers by die samevloei vam die Krokodil- en Maricoriviere aan met die idee om na Damaraland te trek — ‘n land wat hulle net uit die stories van jagters ken.

Om daar te kom, moet hulle ‘n stuk waterlose Kalahari, bekend as die Dors, oorsteek.

Maar die magstryd tussen die voormanne van elke groep om die hoofleier van die trek te wees laat die trek op ‘n ramp afstuur, lank voor hulle die Dorsland binnegaan.

Anderkant die dors wag daar nie ‘n land van melk en heuning nie, maar koors, tsetsevlieë, olifante en leeus.

‘n Land vir mense wat uit hardekool se hout gesny is. ‘n Land vir mense wat die dood kan vat en kan doodmaak sonder om ‘n oog te knip.

Dors deur Marinda van Zyl is teen R280 by toonaangewende boekwinkels regoor die land beskikbaar, * Tafelberg.

Meer oor die outeur:

Marinda van Zyl is op 11 September 1948 te Gobabis (Namibië) gebore. In 2011 was sy die naaswenner in Lapa se romanwedstryd met haar manuskrip Vrypas na Vergenoeg was as Wilhelmina Radebe kom tuis gepubliseer is. Haar roman Amraal haal in 2015 die kortlys van NB-uitgewers se Groot Afrikaanse romanwedstryd.

Benewens Honeursgrade in Geskiedenis en Biblioteekkunde by Unisa, het sy ook ‘n MA in Geskiedenis (UOVS) en M.Bibl. (cum laude) aan die Potchefstroomse Universiteit verwerf en dit opgevolg met ‘n Ph.D. in Geskiedenis by Vista Universiteit.

Marinda en haar man Jan, woon sedert hul aftrede op Langebaan.

 

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.