Entertainment

Nog ‘n dogtertjie vir Neil Somers

Nog ‘n dogtertjie vir Neil Somers

Neil Somers en sy kroos is onlangs by ‘n baie spesiale baba tee verras met die geslag van die jongste lid van die gesin. Kyk hier na die foto’s.

Die plaaslike sanger Neil Somers en sy vrou het rede om breed te glimlag. Nie net gaan die paartjie in Januarie 2019 nog ‘n baba ryker word nie, maar die geslag van die jongste lid van hulle gesin is ook onlangs by ‘n baie spesiale baba tee onthul – ‘n dogtertjie!

Haar naam sal Alana wees.

‘n Vriendin van die paartjie CornéMari Viljoen was aan die stuur van die onthulling, wat by @The Beach in Zwavelpoort gehou is. Die tema was: “What will it bee” en bytjies was orals te sien. Van die byekorfkoek tot by die lekkernye en dekor.

“Ons het reeds twee dogtertjies so ek het vermoed die derde een gaan ook ‘n dogtertjie wees. Maar ek sal erken ek voel so bietjie ‘outnumbered’,” lag Neil.

Maar sê hy, dit is ongelooflik om dogtertjies te hê. “Dogtertjies is mos maar ‘n pa se prinsessies en ek gaan my hande vol hê met vier vrouens in die huis. Ek is besig om ‘n arsenaal op te bou en die aansoeke vir die vuurwapenlisensie is reeds in,” skerts hy.

Neil en sy vrou, Tarien het reeds twee dogtertjies.

Luister uit vir Neil se enkelsnit Bloedgrond wat tans landswyd beskikbaar is. “Verder is ek besig om aan nuwe materiaal vir my album te skryf wat hopelik so teen Februarie beskikbaar sal wees,” sê Neil.

Kyk hier na die video vir Bloedgrond.

 

 

October Spoil

Welcome summer with an extraordinary rosé.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.