Entertainment

Al wat oorbly

Al wat oorbly

Hoe gemaak as die liefde van jou lewe ‘n geskeide man met twee kinders is? In Al wat oorbly leer Julia harde lesse oor vergifnis en delikaatheid.

Julia Meiring het haar ma verloor toe sy ses jaar oud was. Haar pa is dadelik weer getroud, en sy is deur ’n ongenaakbare stiefma grootgemaak wat byna die teenoorgestelde was van haar liefdevolle ma. Die stiefma het feitlik al haar aandag aan haar laatlammetjie gewy.

Julia vind die liefde van haar lewe in haar buurman, Wynand du Toit. Hy is ’n geskeide man, en die pa van twee kinders, maar Julia laat haar deur die verhouding meesleur, want Wynand se kinders woon in die Kaap by hul ma, en sy kan hulle heeltyd vermy.

Omstandighede dwing Wynand se eks en haar gesin terug Gauteng toe, en Julia verbreek summier die verhouding. Sy sien nie kans om ’n ma te wees nie, en nog minder ’n stiefma.

Haar drakoniese stiefma sterf, en Julia besef weereens hoe min sy van haar eie ma weet. Sy probeer ’n beeld van haar ma saamflans uit die herhinneringe wat haar veel ouer sister onwillig met haar deel. Stadig maar seker besef sy dat haar ma nie ’n engel was nie, dat haar stiefma nie inherent boos was nie, en dat sy dalk vir Wynand weer ’n kans moet gee.

Al wat oorbly deur Santie van der Merwe is teen R265 by toonaangewende boekwinkels regoor die land beskikbaar, *LAPA Uitgewers.

 

 

October Spoil

Welcome summer with an extraordinary rosé.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.