Entertainment

‘n Lekker-lees roman vir die naweek.

‘n Lekker-lees roman vir die naweek.

Wanneer laas het jy met ‘n lekker boek ontspan? Dans met my van Cynthia Robertson sal jou tone laat krul van lekkerkry.

Miranda, ’n skrywer, se adrenalienverslaafde-verloofde Lukas sterf net voor hul troue in ’n motorfietsongeluk. Sy ontmoet Lukas se ewebeeld, Markus, ’n wildvanger en wildplaaseienaar, op die Kaapse lughawe net nadat albei uitgevind het dat hul maats ontrou was.

Later ontmoet hulle weer in die Kruger wildtuin, en die vonk tussen hulle is ooglopend, maar beide is so bang vir seerkry dat hulle nie kan sien wat reg voor hulle is nie.

Liefde kom nie altyd in die pakkie wat jy bestel het nie, en hul paadjies skei. Albei moet deur hul vrese werk om te besef dat dit erger is om sonder daardie persoon te wees as om jou vrese in die oë te kyk.

Dans met My skep ook ’n baie goeie venster op die lewe van ’n wildboer in Alldays. Renosterstropery word ook aangeraak en daar is irriterende familie. Uiteindelik handel hierdie boek oor die seer wat hierdie twee mense ervaar het toe hulle nie ‘genoeg’ was vir hul charismatiese maats nie, asook die pad na hulle onderskeie plekke van heling.

Dans met My is is Cynthia Robertson se eerste SuperRomanza en is teen R225 by toonaangewende boekwinkels regoor die land beskikbaar, *LAPA Uitgewers.

 

 

October Spoil

Welcome summer with an extraordinary rosé.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.