Entertainment

Moderne Liefde

Moderne Liefde

‘n Aanhanger van Mari Roberts se boeke? Dan is haar jongste omnibus beslis vir jou.

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Mari Roberts se vorige Romanzas, Dans in die Reën, Sprokiesprinses en Fasade van die hart.

Dans in die reën

Na vier jaar kuier Lillie weer by haar tante-hulle op die plaas. Nick du Toit is ook daar. Haar kleintydse mentor… die man wat sy liefhet. Hy is onvoorspelbaar, verwar Lillie, en sy weet sy moet padgee.

Sprokiesprinses

Die stappery in die Outeniqua moet Zoë se kop skoonkry. Haar selfbeeld is daarmee heen. Om amper met ’n gay man te trou was erg, maar Kian Richards is erger. Koelkop kan sy hom nie hanteer nie.

Fasade van die hart

Sy verfoei hom, weet hy’t voete van klei. Van kleintyd af al. Maar Beate moet saam met Derrick de Winter in die helikopter wild jaag. Andersins vermy sy hom, tot die verpestelike rooi rok haar deeglik pootjie.

Onvoorspelbare harte is teen R225 by toonaangewende boekwinkels regoor die land beskikbaar. *LAPA Uitgewers.

Meer oor die skrywer:

Na haar sorgvrye kinderjare op Upington het Mari Roberts ontdek dat plekke soos Knysna nie bloot ’n mite is wat net op TV bestaan nie. Na haar studie aan die Hugenote Kollege het sy die swart kant van die lewe gesien en besluit om ter wille van selfbehoud liewer liefdesverhale te begin skryf. Sy is getroud en woon in die skilderagtige Knysna-omgewing.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.