Entertainment

Die kelnerin is meer as wat sy wil laat blyk

Die kelnerin is meer as wat sy wil laat blyk

Lief vir lees en op soek na ‘n lekker boek om die koue te verdryf? Ons kan beslis ‘Jy is onvervangbaar’ uit die pen van Dina Botha aanbeveel.

Magriet Aggenbach kom lek haar wonde in die Kaap nadat haar vriend haar vir ’n ander vrou gelos het. Haar tannie Jacky se restaurant maak nie genoegsaam wins nie en Magriet moet kom help omdat sy pas haar graad in bemarking verwerf het. Gou raak sy deel van die Kaapse elite se vriendekring, en moet sy bontstaan om Xander Prinsloo se ongevraagde aandag vry te spring.

Sy wil nie weer seerkry nie, en doen haarself voor as ’n kelnerin in haar tannie se restaurant sodat sy kan toets of haar nuwe rykmansvriende haar aanvaar vir wie en wat sy is. Sy self is ’n rykmanskind en is die dogter van Karel Aggenbach, ’n magnaat in Johannesburg. Sodra haar “vakansie” by haar tannie verby is, gaan sy in haar pa se besigheid werk.

Dis egter Xander se beste vriend Jean-Michael le Roux wat Magriet se aandag trek, alhoewel hy baie arrogant en inmengerig is. En hy kom rugraatloos voor want sy ouers en sy vriendin Leandré se ouers wil hom en haar in ’n huwelik indwing om sodoende die twee familieryke te verenig.

Gaan Jean-Michael die toets deurstaan om te bewys dat Magriet onvervangbaar vir hom is? En dat geld en status nie alles is nie? Jy is onvervangbaar is teen R220 by toonaangewende boekwinkels regoor die land beskikbaar. *LAPA Uitgewers.

Meer oor die skrywer:

Dina Botha is in Pretoria gebore en woon in Centurion. Op skool het sy Ena Murray, Elmar Steyn en ander bekende skrywers se boeke verslind, en gehoop om eendag self ’n skrywer te word. Na skool het sy egter haar droom om joernalis te word gebêre en ’n IT-kwalifikasie behaal. Twintig jaar later het haar passie vir skryf weer opgevlam en het sy dié keer die moed gehad om haar droom doelgerig na te jaag. Sy het in 2014 bedank en skryf nou voltyds.

Dina het sedert 2006 al 54 romanses, twee SuperRomanzas en vier Kaapse romanses geskryf. In 2013 is haar Romanza Boks vol soentjies, met ’n ATKV-Woordveertjie vir Romanses bekroon. Haar boeke verskyn gereeld op Nielsen se Top 100-lyste.

 

October Spoil

Welcome summer with an extraordinary rosé.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.