Entertainment

Met die handskoen getroud…

Met die handskoen getroud…

Verbode liefde, intrige en ‘n ontvoering. Sal Andolet met ‘n heel hart anderkant uitkom?

Dit is 1899. Oorlede Simon, Andolet se aanneempa, bemaak haar, soos ’n besitting, as bruid aan ’n onbekende pionierboer, Christian Nitze, woonagtig op sy plaas in die verre Duits-Suid-Wes-Afrika.

Sy reis saam met haar diensmeisie, Leila na die vreemde, nuwe land.

Christian daag nie op om haar in Walvisbaai te ontmoet nie, maar stuur sy nors neef, Ferdinand, om ’n proksiehuwelik met haar te sluit.

Die uitmergelende tog met die ossewaens van Walvisbaai, deur Swakopmud na Windhoek, leer haar oor meer as net die barre Dorsland waardeur hulle trek. Dit laat ’n vlam tussen haar en Ferdinand ontspring, maar dit mag nie. Sy is na alles, ’n getroude vrou.

Andolet maak vroeg kennis met die onrus tussen die Herero’s en die boere. Dit noop haar en Leila om by Dawid se mense, die Boesmans, in die wildernis te gaan wegkruip totdat Ferdinand haar uiteindelik na Heimaat, Chrstian se plaas, toe vergesel.

Haar skuldgevoel toe Christian haar verwelkom, laat haar haar liefde vir Ferdinand sonder sukses onderdruk.

Haar lewe is in gevaar toe dit bekend word dat die hoofman van die Herero’s haar wil ontvoer. Die aankoms van haar sogenaamde Franse familie begin egter stadig haar ware indentiteit ontbloot. Andolet is teen R225 by toonaangewende boekwinkels regoor die land beskikbaar. *LAPA Uitgewers.

Die handskoenhuwelik

Die proksiehuwelik, ook genoem ’n handskoenhuwelik, was meer algemeen as wat ons in die moderne tyd besef. Toegang tot kerklikes wat bevoeg was om mense in die huwelik te bevestig was nie altyd moontlik in die bos nie, en die kuisheid van toentertyd het gemaak dat ’n ongetroude vrou nie saam met haar aanstaande sou kon vertrek sonder ’n chaperone nie.

Meer oor die skrywer:

Petronel Louw se liefde vir mense is die inspirasie en muse wat haar noop om te skryf. Sy begin op hoërskool in A5-swarthandboekies haar eerste stories skryf, maar dit is eers in haar veertigerjare dat sy die moed bymekaar skraap om ’n manuskrip in te stuur vir moontlike publisering. Andolet is haar eerste SuperRomanza.

 

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.