Entertainment

As dit proe soos liefde

As dit proe soos liefde

Na ses jaar in die buiteland keer Lisa Steyn terug na SA en ‘n werkaansoek verander die koers van haar lewe.

Toe sy Tafelberg weer sien, is die herinnering aan die pyn wat sy destyds ervaar het, baie fel. Nie net liggaamlik na haar ongeluk nie, maar ook emosioneel.

Gelukkig lyk die prentjie nou anders. Sy is gereed om haar regmatige plek in te neem. Haar wonde en hart het intussen genees.

Londen het immers alles gebied wat sy nooit in Suid-Afrika gehad het nie. Sy het mense ontmoet wat nader as familie geword het. Sy is die skepper van ’n baie gewilde blog en het twee boeke uitgegee. Haar huis in Italië wag op haar, sodra haar sake op die De Villiers se wynplaas, Assordante, afgehandel is.

Lisa se aansoek, as versorger vir Carel en Johann de Villiers se pa wat ’n beroerte gehad het, is suksesvol. Sonder dat sy dit beplan het, verander dit egter die koers van haar lewe… Wat nou?

As dit proe soos liefde is teen R225 by uitgesoekte boekhandelaars regoor die land beskikbaar, LAPA Uitgewers.

Meer oor die skrywer:

Didi Potgieter woon haar lewe lank op Potchefstroom in Noordwes. Vandat sy kan onthou skryf sy liefdesverhale in haar kop, maar ’n finalejaars-opdrag het haar gedwing om dit op papier te waag. So het haar eerste Romanza, Leer my Liefhê, die lig gesien.

Aan die begin van 2007 het sy besluit om voltyds te begin skryf. Die lewe is doodeenvoudig te kort om nie kanse te waag nie, glo sy. Met ’n man wat uit sy eie die skottelwasser uitpak en twee kinders wat haar altyd ondersteun kan dit seker nie anders nie.

As dit proe soos liefde is Didi se eerste SuperRomanza.

 

July Spoil

The warmest, most luxurious blankets imaginable.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.