Galleries

Gerrie weer op reis

Bekendes, kykers en aanhangers het onlangs by die Kleinkaap Boutique Hotel in Centurion byeengekom om die bekendstelling van kykNET se eerste volwaardige internasionale leefstylprogram, Leef Jou Reis, se sesde seisoen te vier. Die reeks, met Gerrie Pretorius as aanbieder, gee kykers ‘n kykie na ander lande se kulture en interessanthede. Kykers sal weet dat Gerrie soms die ongewone doen en behoorlik onder ‘n land en sy mense se kultuur inklim. Hy en die span skroom ook nie om afdraaipaaie te vat nie. Leef Jou Reis is Woensdae om 8:30pm op kykNET kanaal 144 te sien.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.