Galleries

Boerekos met’n twist

Bekendes, kosliefhebbers en natuurlik die bekende kosdosent en kok haarself, Annelien Pienaar, het onlangs by De Harte Venue in die noorde van Pretoria bymekaar gekom om die afskop van Annelien se heel eerste kookprogram, Boerekos met ‘n Twist, in styl te vier. Die tafels het onder lekkernye gekreun en gaste kon ‘n voorsmakie van die eerste episode kry. In die reeks nooi Annalien kykers en ‘n hele klomp bekendes uit om in haar kombuis te leer kook. In die trant van haar bekende boek, Boerekos met ’n twist, maak sy goue gunstelinge vir hedendaagse etenstafels. BoereKosTwist is vanaf 9 April Maandagaande om 6pm op VIA DStv-kanaal 147 te sien.

 

August Spoil

Chocolate biscuits … and a luxury breakaway

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.