Entertainment

‘n Donker kragtoer

‘n Donker kragtoer

Blom in die hare is ‘n donker roman, een wat siniese vrae vra oor die samelewing se borrelgomidees van die liefde en die huwelik.

Kaila is g’n Salomo nie, waarom moet sy nou keuses maak soos hy?

Die leser loop die pad met Kaila vanaf haar hoërskooljare tot haar seun in die hoërskool is.

Daar is mooi én bitter oomblikke op haar pad. Telkens is daar keuses wat opduik in die roman, maar uiteindelik is daar een wat haar die seerste maak: Haar seun se meisie is swanger. Wie se kant moet sy kies? Die jong man met die pyn in sy oë, of die ongebore baba? Die ma van die ongebore baba is boonop die dogter wat sy heimlik gehoop het vir haar ’n bietjie plesier sou kon bied.

Kaila ken van verwerping.

Sy is agtergelaat deur ’n vervreemde vrou en aangeneem deur ’n ewe wêreldvreemde vrou wat toe ook sommer eendag verdwyn het. Haar eerste liefde was haar Wiskunde-onnie, wat ook oornag verdwyn.

Blom in die hare is ’n donker roman, een wat siniese vrae vra oor die samelewing se borrelgomidees van die liefde en die huwelik.

Tog: die boek bied hoop.

Die laaste bladsy in hierdie boek is ’n kragtoer, dit bring alles bymekaar en bring ’n enorme verligting aan die leser. Loots krap op plekke waar ander nie wil nie. Juis daarom is daardie laaste bladsy so belangrik.

Regdeur die boek is daar pragtige oomblikke, maar die liefde kan ook seermaak, dit word nooit ontken nie.

Kaila weet, o sy weet, ’n mens het meer nodig as ’n blom in jou hare om gelukkig te wees. Maar wat doen jy as jy aanneemma jou geleer het dat ’n blom jou enigste verweer teen die wêreld is?

Saam met Kaila leer die leser ook die bittersoek geheim van die blomme ken. Blom in die hare is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar, R290.

Meer oor die skrywer:

Blom in die hare is Kristel Loots op haar beste. Sy beskryf die leefwêreld van gewone vroue van verskillende ouderdomme en verskillende figure. Loots skryf met ontsettende patos, maar weet oo hoe om deurgaans humor te gebruik. Jy lag, jy lag, dan pik jy ’n traan saam met die karakters.

Hierdie doyenne van Afrikaanse vrouefiksie het al weggestap met ’n ATKV-Woordveertjie vir liefdesromans, en met baie lesers se goedkeuring.

 

 

July Spoil

The warmest, most luxurious blankets imaginable.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.