Entertainment

Vroue van die Bybel 2 nou beskikbaar

Vroue van die Bybel 2 nou beskikbaar

In haar jongste boek, Vroue van die Bybel 2, skryf Esté Geldenhuys weer oor vroue vir vroue.

Esté Geldenhuys is ’n bekende in Christelike mediakringe. Sy was vir 24 jaar uitsaaier op Radio Kansel en het ook verskeie tydsgleuwe op die televisiekanaal Kruiskyk.

Sy lei gereeld toere na Israel en in haar jongste boek, Vroue van die Bybel 2, skryf Esté weer oor Bybelse vroue vir vandag se vrou.

Sy stof nie net ou bekende verhale af en gee hulle nuwe lewe nie, maar delf ook dieper vir verhale van minder bekende vroue — weggesteekte vroue wie se name dikwels nie eers aan ons bekend is nie, maar vroue uit wie se lewe ons kan leer.

Die vroue is nes hedendaagse vroue wat elk, bekend of onbekend, ’n verskil of bydra tot ander se lewe kan maak.

Vroue van die Bybel 2 moedig vroue aan om op te kyk, rond te kyk, en te besef dat hierdie lewe nie net oor jou en jou eie behoeftes gaan nie.

Die verhale van die vroue in die boek dien as inspirasie om dieper te delf in die soeke na God. Lux Verbi, R180.

 

October Spoil

Welcome summer with an extraordinary rosé.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.