Entertainment

Want ‘n goeie romcom is altyd gewild!

Want ‘n goeie romcom is altyd gewild!

Madelie Human se jongste omnibus, Hartsbegeerte, sal jy moeilik kan neersit.

Madelie Human is een van Afrikaans se gerekende romanskrywers en het al meer as 130 000 boeke verkoop. Sy skryf oor die liger kant van die liefde en daarom is haar romantiese komedies uiters gewild.

Haar jongste omnibus, Hartsbegeerte, is ‘n samestelling van drie van Madelie se vorige Romanzas, Terug na Jou, Kolwyntjie en Altyd die Strooimeisie.

Terug na Jou:

Een naweek het Mercia, Le Fleur-wynlandgoed se eienares, ‘n man ontmoet aan wie sy onmiddellik verknog geraak het. Maar dit was nie net ‘n droom nie want hulle was albei getroud; sy vrou sieklik en Mercie se man ‘n pierewaaier. Nie en kon skei sonder om ander se lewe te verwoes nie. Al wat hulle kon doen was om mekaar prys te gee?

Kolwyntjie:

Die gebakwinkel is Melani se droom wat werklikheid word. Haar ander droom word spoedig ‘n nagmerrie toe haar en die mediese dokter se paaie kruis in dieselfde kantoorgebou. En nie sommer enige dokter nie, nie eens sy tweelingbroer kan aan haar doen wat hy met sy intense grys oë doen nie.

Altyd die Strooimeisie:

Zoë Davel besluit om nooit weer voor die kansel te staan nie – nie as ‘n strooimeisie nie en beslis ook nie as bruid nie, al stuur die hoogs aantreklike Meyer Malan haar hart heeltemal in ‘n aweregse wentelbaan.

Hartsbegeerte is by uitgesoekte boekwinkels regoor die land beskikbaar, R210. Details: www.lapa.co.za.

 

June Spoil 2018


is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.