Entertainment

Ses harte moet verower word

Ses harte moet verower word

Die liefde kan soms vreemde draaie met ‘n mens loop en in Marilé Cloete se Romanza-omnibus, veg ses mense hand en mond vir hul kans op liefde.

Drie mans en drie vroue… In Marilé Cloete se Romanza-omnibus, ’n Man vir altyd, moet ses harte verower word.

Die drie Romanzas in die omnibus, Man van min woorde, Man met ‘n missie en Man van sy woord, is die ideale geskenk aan jouself.

Man van min woorde

Hy kan toor met honde en rekenaars, maar as dit by praat kom, verdamp Henri van der Merwe se woorde. Francesca is vasbeslote om deur dié swygsaamheid te breek. Sy begeer een van die Duiste herdershonde wat hy teel, maar die toets vir eienaarskap dop sy soos ’n klip. En haar selfbeeld is hoeka bitter broos na die Siebert-episode. Bowendien word haar frustrasie by die dag groter- as sy en haar galery-huis vol kunswerke nie goed genoeg is vir sy honde nie, sal sy in der ewigheid nie goed genoeg wees vir hul baas nie. Want helaas, begeer die swygsame Henri mettertyd baie, baie meer as sy lieflike honde.

Man met ‘n missie

Hy gaan haar nader trek, syne maak. Suutjies, sonder dat sy dit weet. Maar Lukas Bezuidenhout is ’n haastige man, geduld moet hy nog aanleer. Dis gewoonlik hy wat vir meisies weghol, maar dié keer het hy sy moses teëgekom. ’n Harder hardekwas as Mignon Grobelaar kry jy nie. En tog, agter haar hardekwas-houding kruip ’n bang meisie weg, ’n Kind-vrou met heeltemal te veel seer en bagasie. Daarom, weet Lukas, moet hy geduldig wees. Hy wil haar beskerm, laat veilig voel. Sy moet weet sy is as mens die moeite werd. En hy moet, nee, sal leer vasbyt; en hy wat lawwe Loekie Bezuidenhout is, kan leer om te wag.

Man van sy woord

’n Ouer en ryper Lourens – maar nog net so dodelik aantreklik soos lank gelede – is na twintig jaar onverwags terug en haar kind se gradeplegtigheid word vir Bianca ’n nagmerrie. Alles het mos verander en daar is nie meer vir hom in haar lewe nie – of bluf sy haarself? Lourens is nie meer die impulsiewe jongman wat Bianca so hartstogtelik liefgekry het nie, en sy het ook met die jare ryper en meer volwasse geword. Dis net die onblusbare vonk wat onveranderd gebly het. Het daar te veel water in die see geloop of gaan hulle waag om hulle liefde weer ’n kans te gee?

‘n Man vir altyd is landswyd by uitgesoekte boekwinkels beskikbaar teen R200, LAPA Uitgewers.

 

Anford Country House on the N4 now boasts with 4 stars!


is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.