Entertainment

Haar plaas of haar hart?

Haar plaas of haar hart?

Nog ‘n tone-krul lekker boek van Pretoria se eie Dina Botha.

Celestine de Péeronne se susters verwyl hul tyd met borduurwerkies, mooimaaksessies en dagdrome oor toekomstige mans, maar sy droom daarvan om eendag die eienares van Lavoiser, die familieplaas te wees. Sy bestuur reeds haar pa se plaas, teel perde, plant wingerde aan en maak wyn.

Haar pa stel ’n aantreklike en sjarmante Fransman, Argonne de Lattre, as stalmeester aan, maar hy verkies meisies soos haar susters. Hy is die eerste man wat haar soen en haar kop laat duisel. Hy vra haar om te kies; dis óf hy óf Lavoisier, en dis die moeilikste besluit van jaar lewe. Ontwakende passie is by uitgesoekte boekwinkels regoor die land teen R200 beskikbaar, LAPA Uitgewers.

Meer oor die skrywer:

Dina Botha is in Pretoria gebore en woon in Centurion. Op skool het sy Ena Murray, Elmar Steyn en ander bekende skrywers se boeke verslind, en gehoop om eendag self ’n skrywer te word. Na skool het sy egter haar droom om joernalis te word gebêre en ’n IT-kwalifikasie behaal. Twintig jaar later her haar passie vir skryf weer opgevlam en sy het dié keer die moed gehad om haar droom doelgerig na te jaag. Sy het in 2014 haar werk bedank en skryf nou voltyds. Sy het sedert 2006 al 52 romanses en vier Kaapse romanses geskryf. In 2013 is haar Romanza Boks vol soentjies, met ’n ATKV-Woordveertjie vir romanses bekroon. Haar boeke verskyn gereeld op Nielsen se Top 100-lyste.

 

 

Anford Country House on the N4 now boasts with 4 stars!


is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.