Entertainment

Jojo Richeter is terug!

Jojo Richeter is terug!

‘n Aanhanger van Chanette Paul? Dan moet jy beslis so gou as moontlik jou hande op haar jongste boek “Paaiboelie” kry.

Chanette Paul se ondersteuners sal bly wees om te hoor Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël en Ewebeeld is terug. Hierdie enigmatiese privaat-ondersoeker word gehuur om uit te vind wat werklik sewe jaar gelede in die skatryk Eduard Swiegelaar se studeerkamer gebeur het. Hy is daardie dag, ten aanskoue van sy heelwat jonger, sexy trofeevrou, Zaan Metz, doodgeskiet.

Zaan het ’n redelike rykdom verkry toe haar ouer man dood is, en daarom trek sy in op Crystal Crags, een van die mees eksklusiewe landgoedere in die land. Haar keuse van dié landgoed gaan saam met die puik sekuriteit, want sy weet wat in daardie studeerkamer gebeur het, en sy vrees vir haar lewe.

Dit neem egter nie lank voor Jojo en Zaan agterkom dat vreemde goed ook binne die veilige mure van Crystal Crags gebeur nie. Is dit toe te skryf aan die bonatuurlike? Die plaaslike inwoners vertel graag dat die landgoed binne die Duiwelsdriehoek lê, ’n plek waar dinge en mense sommer wegraak.

Die stories loop dik, en hoe dieper Jojo grawe, hoe meer besef sy iets is nie pluis nie.

Terwyl Jojo die geheim vam ’n enkele oggend se gebeure ontrafel, dobber die geheime, wat vir langer as ’n 100 jaar op Crystal Crags verswyg is, geleidelik boontoe. Zaan staan skielik in die brandpunt. Hoe lank sal dit neem voor haar heilige blyplek ’n tronk word waaruit sy nie kan ontsnap nie?

Paaiboelie is by uitgesoekte boekwinkels teen R280 beskikbaar, LAPA Uitgewers.

 

 

Anford Country House on the N4 now boasts with 4 stars!


is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.