Entertainment

Maak kos saam met LAPA

Maak kos saam met LAPA

Heerlike resepteboeke as geskenke… of sommer net vir jou eie kombuis.

50 Hoendergeregte deur LAPA Uitgewers

Jy loop ná ’n harde dag by die huis in, daar is die reuk van hoender wat prut… Ja, met hierdie resepte is dit moontlik, want selfs die niekokers in jou huis sal dit regkry. Of, as jy self moet kook, dan soek jy juis hierdie resepte met bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.

50 Hoendergeregte bevat vyftig veelsydige hoenderresepte wat aan gesinne maaltyd-inspirasie gedurende moeilike ekonomiese omstandighede bied.

Oondgerooster, oor die kole, as deel van bredies, sop of pasteie – hoender is maklik om voor te berei en ’n ekonomiese keuse vir elke gesin. Die resepte bestaan uit treffers soos: Blatjanghoender, Oros-hoender, Hoenderbobotie, Romerige hoender-stroganoff, Pikante hoender-en-lensiesop, Pynappelhoender, Hoender-en-brokkoli, Hoendersamoesas, ’n Appelkoos-en-hoenderpotjie.

50 Hoendergeregte is landwyd by uitgesoekte boekwinkels beskikbaar, R160.

 

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.