Entertainment

Het jy al die Meerkat Maantuifg lokprent gesien?

Het jy al die Meerkat Maantuifg lokprent gesien?

Tsk, tsk, tsk. As jy nog nie die “Meerkat Maantuig” lokprent gesien het nie, kyk hier daarna.

Die bekroonde film Meerkat Maantuig het by vanjaar se Silwerskermfees met die toekennings vir ‘Beste Kinematografie’ weggestap en alhoewel die film eers op 16 Maart 2018 landswyd vrygestel word, kan kykers solank na die lokprent loer.

Meerkat Maantuig is geïnspireer deur die jeugnovella ‘Blinde Sambok’ deur die bekende Suid-Afrikaanse skrywer, Riana Scheepers en is in die wonderlike woude van Magoebaskloof in ’n kinematiese verhaal omskep.

Die film vertel die verhaal van Gideonette de la Rey, ’n vreesbevange 13-jarige meisie wat glo in die familievloek wat van generasie na generasie oorgedra word. Bang en desperaat is sy nie in staat om van hierdie storie te ontsnap wat haar identiteit geslyp het nie. Uiteindelik is dit slegs deur haar vrese in die gesig te staar dat sy in staat is om hulle te oorkom.

Met elemente van magiese realisme, is Meerkat Maantuig ’n waarlik unieke film – anders as enigiets wat ons al in Suid-Afrikaanse filmteaters gesien het; dit is ’n pragtig vertelde storie wat ons wys hoe om brawer te wees as wat ons ooit gedink het moontlik kan wees.

Kyk hier na die lokprent:

Meerkat Maantuig, ’n film deur The Film Factory, is vervaardig deur André en Dries Scholtz, en is tot draaiboek verwerk deur Hanneke Schutte, wie ook verantwoordelik is vir die regie van die film. Die film word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment en sal vanaf 16 Maart 2018 landswyd in teaters te sien wees. Rooi Rose is die trotse mediavennoot van die film. Vir meer besonderhede besoek https://thefilmfactory.co.za/meerkat-maantuig/.

 

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.