Entertainment

Leesstof vir die vakansie

Leesstof vir die vakansie

Op soek na kort leesstof vir die vakansie? Hier is ‘n paar van ons gunsteling boeke.

Die Perfekte Brander en ander verhale deur Marieta Nel en Adinda Vermaak (samestellers).

Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of ’n traan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voel om sestien te wees.

Bekende skrywers en nuwe stemme skuur skouers in hierdie fantastiese bloemlesing wat kyk na die lief en leed van ouer tieners.

Elizabeth Wasserman, Christien Neser, Nelia Engelbrecht, Leon de Villiers, Anzil Kulsen, Fawa Conradie, Nellie Alberts, Carina Diedericks-Hugo, Anzil Kulsen, Maria Vos, Solette Swanepoel, HemelBesem, Marlene Smit, Christine Barkhuizen le Roux, Jaco Fouché, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Nathan Trantraal, Santie Nel, Dewald Koen, Tanya van Buuren Botma, Jan van Tonder, Eldridge Jason, Kobus Brown, Christo Davids, Madri Victor, Lynné Schoeman en Izak de Vries.

Die Perfekte Brander en Ander Verhale is ’n bloemlesing met 27 splinternuwe verhale oor die vreugde, pyn en avontuur van jonk wees. Die perfekte brander en ander verhale is teen R150 by uitgesoekte boekwinkels beskikbaar.

Dié boek is ideaal vir die Kerskous.

Marieta Nel en Adinda Vermaak het as samestellers reeds twee topverkoper-kortverhaalbundels die lig laat sien: Sweef (2009) het al meer as 40 000 kopieë verkoop en Skreeu (2010) se vier oplae het al meer as 17 000 kopieë verkoop.

 

Vroue Van Atlantis deur Anastasia De Vries & Eldrige Jason.

“En ons sal nooit weer dieselfde mense wees nadat die 12 vroue met ons gebeur het nie. Dit was ’n besondere voorreg om saam met Suzanne en Eldridge Jason te werk en die wonderlikste is dat van my kollegas en ons studente deel hiervan is.” – Anastasia de Vries

Twaalf ongelooflike vroue wat ’n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeëls. Atlantis is steeds die verlore stad, maar hierdie twaalf vroue se verhale inspireer. Dit is ’n moet-lees vir almal wat glo dat liefde en geloof ’n verskil kán maak.

Atlantis aan die Weskus was die breinkind van ’n vorige regering se “desentralisasiebeleid” – maar is tans die toonvenster van ontheemding. Uit hierdie wanhoop, staan dié twaalf vroue se stories soos fakkels in ’n lang, donker nag.

Dit het alles begin met ’n gemeenskapsprojek deur die ATKV in Atlantis. Die vroue, en ander fakkeldraers, toon dat Atlantis ’n stad van verborge skatte is.

Vroue Van Atlantis is teen R195 by uitgesoekte boekwinkels beskikbaar.

Die samesteller en bydraers, Anastasia de Vries en Eldridge Jason is beide skrywers en joernaliste. Anastasia is ook ’n dosent aan die Departement van Afrikaans en Nederlands, Universiteit Wes-Kaapland (UWK).

Ander bydraers is die joernalis Christa Prinsloo, sowel as ses UWK-studente: Chandré Cloete, Suné van Rooyen, Geraldine Fortuin, Ebenesia Pieters, Jolyn Phillips en Courtneigh Ess. Die boek bevat ook ’n aantal foto’s deur Izak de Vries. Die opbrengs van dié boek sal deur die Departement van Afrikaans en Nederlands, Universiteit Wes-Kaapland (UWK) aangewend word as studentebeurse.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.