Food

Borrels vir Kersfees!

Borrels vir Kersfees!

Almal kort ietsie vir die gekerfde senuwees rondom die feesgety.

Onthou jy nog Die Heuwels Fantasties liedjie Pille vir Kersfees?

Wel nou, net betyds vir die feesgety het dié groep hulle eie Borrels vir Kersfees bekendgestel.

Soos hulle sê: Almal kort iets vir die gekerfde senuwees rondom die feesgety.

“Borrels vir Kersfees is vir samesyn en geluk en help miskien om so bietjie te vergeet en te vergewe ook,” sê Hunter Kennedy, een van die groeplede.

Nie een van die manne in dié gewilde groep kan wynmaak nie, maar hulle geskiedenis lê in die Boland-wynroete. Hulle hou ook natuurlik van hoe die Chardonnay Pinot Noir vonkelwyn proe. Die ryp vrugtige neus en sappige droë afwerking maak dat Borrels vir Kerfees Chardonnay Pinot Noir die ideale sjampanje vir enige geleentheid is.

“Ons aanvanklike idee was om die musiek te gebruik om ’n wynplaas/studio te besit eendag. Nie een van ons weet enigiets van wynmaak af nie, maar gelukkig met die hulp van Van Loveren is ons nou een stappie nader aan ons onrealistiese droom,” lag Pierre Greeff.

Die Heuwels Fantasties was te sien in die uitverkoopte Afrikaans is Groot-vertonings by die Sun Arena, Times Square by Menlyn Maine.

Hulle album OKAY! is gedurende Mei 2017 uitgereik en is beskikbaar op iTunes in uitgesoekte winkels landwyd. Koop hulle musiek: www.suprashop.co.za.

 

Spring Spoil (We’re celebrating the arrival of spring with a sundowner picnic.)


is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.