Entertainment

Iets besonders…

Iets besonders…

As jy nog nie Lizandra Winter se nuwe musiekvideo gesien het nie, loer hier.

Musiekliefhebbers sal haar herken vir haar liedjies saam met Jacques de Villiers oftewel, Joshua na die Reën, maar nou het Lizandra Winter die solo-pad gekies en aanhangers is gaande daaroor.

Die Pretorianer, Lizandra Winter, se eerste enkelsnit, Die Begin, vanaf haar selfgetitelde debuut-album, is vroeër vanjaar vrygestel en speel radiostasies regoor die land aan die brand.

Nou is die musiekvideo uiteindelik vrygestel en dit is omtrent iets besonders.

Die video gaan daaroor dat ’n mens so maklik vasgevang word in die gejaag van die lewe, dat jy vergeet wat regtig belangrik is.

 

Oor haar debuut-album sê Lizandra: “Die liedjies wat ek gekies het om op die album te wees, is oor ’n tydperk van twee jaar geskaaf. In elke seisoen van my lewe, was daar nuwe inspirasie en het ek geskryf oor die lesse wat ek geleer het en die dinge wat ek voel ek nog moet bemeester.

“Die musiek op die album gaan oor daardie kosbare dinge in die lewe, wat geld nie kan koop nie en waarin ewigheidswaarde lê. Ek het besluit om dit ’n selfgetitelde album te maak, omdat die liedjies vasvang wie ek is. Dis amper soos ’n aankondiging wat sê: ‘Hier is ek, Wêreld!’.”

Die rol van die ouer dame in die video word vertolk deur Marthie Steyn en die dogtertjie in die video is Lizandra se eie klein prinses, Zanilah von Hagen.

Lizandra se strelende fluweelstem, gaan nie net diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf trap nie, maar is ook die begin van ’n baie belowende solo-loopbaan vir hierdie talentvolle kunstenaar.

Kyk die video hier:

sl / jo

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.