Galleries

Swier en glans by die jaarlikse rooi rose KANSA-tee

By vanjaar se jaarlikse rooi rose KANSA-tee is ouder gewoonte hulde gebring aan diegene wat deur kanker geraak is, maar daar is ook behoorlik feesgevier. rooi rose vier vanjaar hulle 75ste bestaansjaar.

Vere, koeke, interessante versiersels en die allermooiste uitrustings was die tema van die dag by die jaarlikse rooi rose Kansa-tee in samewerking met SPAR wat die afgelope week by die Saint George’s Hotel in Doornkloof gehou is.

 

En hoe dan nou anders. Nie net het die vroue, en enkele here, in hul massas opgedaag nie, maar rooi rose vier ook vanjaar hul 75e bestaansjaar.

 

Daar is reeds van vroegdag af feesgevier met die doel om hulde te bring aan diegene wat deur kanker geraak is. Die bekende televisiepersoonlikheid en nuusleser, Riaan Cruywagen was aan die stuur van sake as seremoniemeester waarna Toks ‘n Tjops-aanbieder, Janina Oberholzer, wat self reeds ‘n pad met kanker gestap het, die gaste in trane gehad het met haar getuienis en storie. Volgende aan die beurt was die Glam Guru homself, Hannon, met staaltjies en wenke oor skoonheid, oorbelle en selfbeeld.

Daarna is die partytjie behoorlik afgeskop met bekende plaaslike sangers Willem Botha en Jo Black.

 

June Spoil 2018


is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.