Latest News

Welkom klein Elah

Welkom klein Elah

Karlien en haar Joe se pienkvoet hier.

Gelukwensings stroom van regoor die land in nadat die sangeres Karlien van Jaarsveld en haar oud-rugbyspeler man Joe Breytenbach se eersteling die naweek gebore is.

“Onverwags, maar veilig in die wêreld in die holte van God se hande toegevou. Hoe sal ek ooit genoeg kan dankie sê Vader. U naam ALLE eer. Sy is PRAGTIG. Elah. 7 Oktober 2017 Lief vir jou my Joeseph!!!!,” het Karlien op sosiale media gedeel.

Foto: Karlien van Jaarsveld – Facebook.

“Baie geluk julle en welkom liefste Elah!” het Minki van der Westhuizen wat self swanger is geskryf.

Klein Elah is twee maande te vroeg gebore maar volgens haar ma gesond. “2 Maande te vroeg. Sy is baie klein, maar baie gesond. Ons harte is dankbaar teenoor God vir Sy groot genade,” het Karlien verder gesê.

Klein Elah het reeds twee ouer boeties, die driejarige Daniël en Eliah.

Baie geluk julle!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.