Entertainment

Nog ‘n lekkerlees-omnibus deur Elsa Winckler

Nog ‘n lekkerlees-omnibus deur Elsa Winckler

Groot nuus vir Elsa Winckler aanhangers. Maak seker jy kry haar splinternuwe lekkerlees-omnibus.

Elsa Winckler se vorige omnibus, Liefde langs die Eersterivier het lesers laat vra vir nog.

LAPA het geluister. Haar jongste omnibus bestaan weer uit drie van Elsa Winckler se vorige romanzas: Waar liefde lê, Want daar’s skoenlappers en Heldergeel dag.

Waar die liefde lê:

In Lana se kort joernalistieke loopbaan vertrou die redakteur haar net met berigte oor celebs, tot sy die dag ’n kollega moet uithelp toe ’n omgewingskundige ’n lesing gee.

Nie dat dit haar opgewonde het nie, want sy wil oor politiek verslag doen, nie oor “groen aktiviste was bome loop en omhels” nie.

Niemand het haar egter gesê hierdie groen aktivis is so lenig en het sulke blou oë nie; ook nie dat sy passie intimiteer kan word nie.

Hoe klink ’n klim-ekspedisie Kilimandjaro toe saam met ’n man wat nie net bome omhels nie?

Die probleem is: niemand het vir hóm gesê Lana het ’n doodse vrees vir berge nie.

Want daar’s skoenlappers:

Gemma is ’n mediese dokter en Nick ’n oorlogsfotograaf.

Boonop is Gemma se broer met Nick se suster getroud.

Hierdie twee aangetroude familielede het die talent om mekaar verkeerd op te vryf, want kort-kort is daar ’n uitval.

Wat hierdie situasie iewat eienaardig maak, is dat hulle nie hul hande van mekaar kan afhou nie en gedurig in mekaar se gedagtes is.

Toe Nick saam met ander oorlogsfotograwe in Libië gevange geneem word en Gemma terselfdertyd siek work in Haiti, is dit asof ’n onsigbare mag hulle na mekaar toe aantrek.

Heldergeel dag:

Vir ’n wynmaker soos Cara is dit sommer ’n helderblou dag wanneer iets goeds gebeur.

En ’n heldergeel dag wanneer daar nou regtig iets wonderliks gebeur.

Met haar vriendin se broer, Henry, in die omgewing kan die geelste dag egter vaal word.

In al die jare serdert sy hom leer ken het, kon hulle mekaar nie verdra nie.

Of dink hulle net so omdat hulle eintlik te veel van mekaar hou?

Die man se lang lys verskonings help Cara egter net mooi niks!

Details: R 200, LAPA Uitgewers.

Elsa Winckler se geliefkoosde skrywers serdert haar studentejare is Jane Austen, Elizabeth Gaskell en die Bronte-susters.

Om self ’n liefdesverhaal te skryf was ’n logiese volgende stap.

Op dié manier kon sy uiteindelik al die gesprekke wat naamlose gesigte gereeld in haar kop voer, neerskryf.

Sy woon saam met haar man op Bettysbaai en skryf voltyds sedert sy afgetree het.

Haar heldinne is onafhanklik, hardekwas en nie skaam om hulle sê te sê nie.

Die helde is sterk en manlik, maar ook sensitief vir die onderskeie heldinne se behoeftes.

Elsa hou daarvan om die karakters se huislike omstandighede weer te gee sodat die leser met hulle kan identifiseer.

Elsa het met haar eerste romanse Tussen jazz en rock in 2008 die rooi rose/LAPA-liefdesverhaal kompetisie gewen.

Sy het ook die jaar daarna met dieselfde boek die AKTV-Woordveertjieprys vir Romanses gewen.

In 2014 het sy nog ’n AKTV-Woordveertjie vir die Satyn-romanse, Te eenders, te anders gewen en in 2016 weer met Liefde in laslap.

 

Time for a classic, and oh-so-beautiful, timepiece


is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.