Entertainment

‘Wilde klawer’ deur Vita du Preez

‘Wilde klawer’ deur Vita du Preez

McKenna Wilde moet leer dat sy nie van haarself en haar herkoms kan vlug nie. Maak seker jy kry jou hande op die jongste treffer uit die pen van Vita du Preez.

McKenna Wilde het ’n spesiale gawe om die onsienlike te sien.

Maar vir hierdie ekstrovert wat verkies om eerder op die ligter sy van die lewe te fokus, is dit eerder ’n vloek as ’n seën.

’n Brief van ’n onbekende vrou lei haar terug na haar geboorteland, Noord-Ierland.

Hier word sy gekonfronteer met haar ma se verlede.

Die Wildes was betrokke by die lerse Republikeinse Weermag se bloedige stryd teen Britse oorheersing.

Vir McKenna is dit ook ’n reis na selfontdekking.

Sy moet leer dat sy nie van haarself en haar herkoms kan vlug nie.

Erger nog: in haar soeke na selfaanvaarding, word dit vir haar duidelik dat ’n vrou eers ’n man met haar hart moet vertrou voor sy hom met haar lyf kan vertrou.

Dit ruk haar binneste, want wilde McKenna het nog altyd weggeskram van blywende verhoudings en sien oplaas in dat intimiteit sonder liefde bloot ’n gejaag na wind is.

In Portballintrae, ’n klein hawedorpie aan die lerse Noordkus, kom sy verskeie mense teë en nie almal is haar noodwendig goedgesind nie.

Toe Tim Els, ’n tandarts wat reeds twee jaar in Noord-Ierland werk, haar pad kruis, moet McKenna egter begin keuses maak waarvan sy niks hou nie.

Details: R 230, Lapa Uitgewers.

Solitaire, Woestynroos, Droomland en Wilde klawer is ’n vierluk oor vier vroue wat deelgeneem het aan ’n Boer soek ’n vrou-kompetisie en hul wedervaringe daarna.

Vita du Preez se eerste romanse As sterre blom het in 1996 verskyn. Daarna het verskeie titels uit haar pen die lig gesien. Sy het sedert 2002 voltyds vertaalwerk gedoen vir Jacklin Enterprises se Mills en Boon-reeks in Afrikaans. Ná 10 jaar het sy besluit om weer op haar eie skryfwerk te fokus. Waar die son omdraai, haar eerste liefdesroman, het in 2014 verskyn. Skuiling van die hart, ’n historiese liefdesroman wat tydens die Anglo-Boereoorlog afspeel, beleef in 2015 ’n derde herdruk.

 

Spoil the woman in your life this Women’s day!


is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.