Entertainment

Want liefde maak heel… of so sê hulle

Want liefde maak heel… of so sê hulle

Hoe gemaak as jou hele wêreld in duie stort na owerspel en jy jou lewe weer van voor af moet herbou? Anna Penzhorn slaag meesterlik daarin om dié netelige en sensitiewe onderwerp te verwoord.

Andrea Basson se lewe verander onomkeerbaar toe sy met die ondenkbare gekonfronteer word.

Na 13 jaar van getroude lewe met Dewald, die liefde van haar lewe, ontdek sy hy is ’n rondloper.

Sy maak kennis met die slinksheid van ’n Jesebel en gaan deur al die fases van ’n vrou wat owerspel eerstehands beleef – ontkenning, verwerping, woede, wraak, en intense hartseer.

Die pad na herstel is lank, uitdagend en vol slaggate, maar die storm staan nie stil nie en sy kom ook nie dieselfde mens anderkant uit nie.

In die proses ontdek sy ook heling lê daarin om na ander in nood uit te reik.

Egkseiding verwoes, maar die liefde maak heel.

Details: LAPA Uitgewers.

*Anna Penzhorn is die skywersnaam van Anni Niewenhuis.

Sy is ’n ervare liefdesverhaalskrywer wat lesers met haar verhale laat ontvlug en telkens die liefde opnuut deur die oë van haar karakters laat ervaar.

Sy beskou verhale waarin die liefde tussen man en vrou sentraal staan as ’n postiewe en helende krag.

Lesers hou van haar sin vir humor en taalgebruik.

Meer as 40 liefdesverhale van haar het al verskyn, waarvan 16 Romanzas is.

Haar eerste liefdesroman, Anderkant die morester, het in 2010 verskyn en is as e-boek beskikbaar.

In haar 44e boek, Helende liefde, ondersoek sy die verwoestende, maar ook helende krag van liefde.

 

 

Spoil the woman in your life this Women’s day!


is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.