Entertainment

Liefde is meer as net ‘n hartklop

Liefde is meer as net ‘n hartklop

Nog ‘n lekker lees van Santie van der Merwe

Kittie Barnard bevind haarself werkloos en in ’n finansiële verknorsing in Londen.

Dan vind sy boonop uit haar Engelse verloofde is oneerlik en ontrou.

Voordat sy kan besluit wat om te doen, kry sy ’n oproep van haar ouer suster dat hul ma, Gertrudia, ’n tweede beroerte gehad het en nou hulp en versorging nodig het.

Gertrudia is ’n pensioentrekker, met geen ander bron van inkomste nie.

Kittie se suster en broer het probleme van hul eie, so hulle voel dit is Kittie se beurt om te help.

Kittie voel verwond en verbitter, sy het boonop nêrens anders om heen te gaan nie. Tog, sy is fanaties oor haar eie onafhanklikheid en saam met haar ma kon sy nog nooit langs dieselfde vuur sit nie.

Nou is sy weer vasgevang in die huis waarvan sy, so gou as wat sy kon, weggevlug het.

Gertrudia, weer, is vasgevang in ’n liggaam wat haar in die steek laat en is oorgelaat aan die genade van die dogter oor wie sy soveel skuldgevoelens het.

Beide Kittie en Gertrudia word gekonfronteer met spoke uit die verlede en het ’n lang pad na herstel, maar het uiteindelik ’n kan om hulle verhouding te red.

Detail: R 215, Lapa Uitgewers

*Ver in die wêreld Kittie is Santie van der Merwe se vierde roman. Haar eerste drie romans, Gelyke kans, Vandat jy weg is en Anderkant vergeet is goed ontvang. Gelyke kans was een van die finaliste in die ATKV-Wonderveertjieprys vir Liefdesromans in 2016.

Santie betree die leefwêreld vam die gewone vrou met temas wat vroue ten diepste raak soos identiteit, vriendskap, die middeljare en wat gebeur as ’n huwelik van baie jare nie meer werk nie.

 

The ultimate makeover with WOW Hair and Image Emporium


is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.