Galleries

Sterre skitter by die premiere van Mignon “Mossie” van Wyk

Kyk wie was almal daar!

Die sterre het behoorlik op die rooi tapyt geskitter tydens die premiere van die nuwe Afrikaanse film Mignon “Mossie” van Wyk by die Nu Metro-teater, Menlyn.

Die rolprent, wat in Mei in teaters regoor die land begin draai vertel die verhaal van vriendskap, tienerliefde en grootword en kykers sal gou in die lewens van Mignon “Mossie” van Wyk en haar beste vriend Adriaan Prinsloo vasgevang word. Dié twee is van kleins af beste vriende maar wanneer Mossie op die hartebreker Leon Rossouw (Devon Hofmeyr) verlief raak, verander die prentjie so effens.

Mossie se verhaal is een van liefde en hoe rof dit kan kan wees om jou weg as tiener deur die lewe oop te veg.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.