Entertainment

Henck Conrey, ‘n man van vele talente

Henck Conrey, ‘n man van vele talente

Die splinternuwe Afrikaanse leefstylprogram Vat Jou Goed en Trek, hou kykers weekliks vasgenael voor hulle televisieskerms en die aanbieder van dié program is ‘n man van vele talente.

Die 28-jarige Henck Conrey is televisie vervaardiger, akteur, entrepreneur en sanger. Hy begin sy loopbaan in die vermaaklikheidsbedryf in 2010 as aanbieder van FNB Classic Clashed op Supersport. Daarna slaan hy die rol van Robert Rayford in die TV Plus foto-fabel Bay City los.
Meer televisie rolle volg en kykers leer hom ken as Jacques in die SABC 2 sepie 7de Laan en David in kykNET se The WildHy was ook te sien in films soos Deadwood waar hy die rol van Reghard vertolk het en in The Haunting of Sangoma Hill waar hy die rol van Brett vertolk het.

Ook op die verhoog beindruk Henck kritici en aanhangers. Hy is te sien as Conrey in die Naledi bekroonde musiekblyspel Gogga’s en vertolk ook rolle in talle ander verhoog poduksies insluitende, Cinderella (Prince Charming), My Son Pinocchio en Gupetto’s Musical Tale (Gupetto).

In 2012 stig Henck sy maatskappy, Conrey Entertainment met die doel om televisie programme te vervaardig en om vir ander akteurs werk te skep. Die maatskappy se eerste reeks, die leefstylprogram Vat Jou Goed en Trek is sedert 2 Oktober op kykNET gedurende die 17:30 tydslot op die televisie te sien.

Deur die loop van die reeks ontmoet kykers 13 gesinne wat sukkel om hul eiendom te verkoop. Met behulp van eiendomsagente, ‘n binnenshuise ontwerper en ‘n span nutsmanne, word die gesinne gehelp om hulle eiendomme op te knap en skou-gereed te kry met die doel om te verkoop. Die Vat Jou Goed en Trek-span het egter net 72 uur om die nodige veranderinge aan te bring voordat die eiendomme aan potensiële kopers geskou word.

Behalwe as akteur en aanbieder is Henck ook deel van die jongste mansgroep om die musiekindustrie te tref, MAN wat bestaan uit Andre Lotter (Villa Rosa) en Retief van der Liefde (Binneland).

 

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.