Latest News

Lag ’n slag

Lag ’n slag

Laat die trane rol vir al die regte redes.

Daar’s min dinge wat so lekker sit soos ’n goeie grap en ’n ou wat dit pittig kan vertel. Van die voorste, plaaslike grapjasse kuier saam op Lag ’n slag – ’n dubbel CD album wat jou lagspiere seer sal laat.

Dié album is ’n keurig-saamgestelde lappieskombers van skreeusnaakse grappe – vertel deur die top tong-in-die-kieskunstenaars wat nog met ons is en die legendes wat ons reeds vooruitgegaan het.

Barry Hilton, Wicus van der Merwe, Mallies le Roux, Nico Nel, Leon Schuster, Alan Hughes, Nataniël, Tolla van der Merwe en vele ander sorg vir ’n mengelmoes van staaltjies, stories en verhaaltjies met

sterte – lewendige opnames wat jou sal laat voel asof jy sommer hier neffens een van die manne om ’n braaivleisvuur staan en kuier.

Gaan so deur die lys van 45 grappe op die album en jy sal gou agterkom dat hy in jou versameling hoort soos naelbyt by ’n Wêreldbeker-eindstryd. Hierdie is ’n album wat jou nie sal los voordat jou kiewe seer, jou lagspiere lam, jou oë nat en jou gemoed propvol is nie!

Lag ’n slag is nou by CD-winkels landswyd beskikbaar.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.