Entertainment

Robbie voel goed oor album

Robbie voel goed oor album

Robbie Wessels gee als wat hy het met nuwe album.

Oorspronklik, humoristies, diep. Dit is die drie woorde waarmee Robbie Wessels se liedjies beskryf kan word. Hy het deur die jare gewys dat hy alle kante van die lewe kan beskryf en met sy nuwe album, Als Wat Ek Het, is dit ook nie anders nie. “Ek het weer al die liedjies geskryf, en ja, daar is weer komiese liedjies, maar ook meer ernstige liedjies. Met die komiese liedjies is daar egter hierdie keer meer liedjies wat ek geskryf het, na aanleiding van stories wat ek gehoor het, veral stories uit die Bosveld,” sê die talentvolle sanger en liedjieskrywer.

Daar is van die ballades wat rustig is, ander het weer ’n opbeurende tempo. “Ek het oor die liefde geskryf en daar is ook liedjies met ’n geestelike boodskap. Hierdie album en al sy liedjies is waarhede wat ek die laaste twee jaar van my lewe teengekom het.”

Het hy vroeë gunstelinge op die album? “Ja, ek hou van Iets Bekends en daar is ’n lawwe rugbyliedjie All Blacks teen die All Blacks. Ek baie nuuskierig is om te sien hoe mense dit gaan ervaar,” sê hy. Robbie beplan om met die album van Julie tot die einde van die jaar te toer. “Ek is baie opgewonde oor die nuwe album. Dit is ’n feel-good-album, een om te speel en terug te sit en te ontspan. Die liedjies het ’n lekker energie en ek glo dit sal mense se gemoed lig.”

Die album is by Sean Manley van Manley Studios opgeneem.Vir nog inligting, besoek www.robbiewessels.co.za

 

June Spoil 2018


is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.